Aktiwiteite

Sport

Die plaasvibe bied die volgende sportsoorte aan:
Fietsry – Mnr Albert Korf
Fietsry is ‘n groeiende sport in Suid-Afrika en ons is opgewonde om dit hier by Swartkop aan te bied. Graad 1 tot 7 leerders kan deelneem, ons wil net leerders op hulle fietse kry en vir ‘n die geleentheid bied om nuwe talent te ontdek. Ons het ‘n wonderlike 1200m baan waarop ons oefen om verskeie vaardighede te bemeester. Ons oefen reg deur die jaar, een maal per week en dan doen ons elke kwartaal ‘n kwartaalafsluiting op ‘n Saterdag by verskeie fietsryparke.  Ons neem deel aan die reeks wat by Cowhouse, Hazeldean aangebied word vir laerskole asook die Trailseeker-reeks by Buffelsdrift, Van Gaalen en Legends. Hou hierdie sport dop dit gaan nog baie sportsterre oplewer!
Landloop – Me Liandra Kendall

‘n Sport vir enige iemand.‘n Sport waarin elke kind sy eie potensiaal kan ontdek van Gr R tot 7.Landloop oefen regdeur die jaar op ‘n Maandag tot Donderdag van 14:00 tot 15:00.Leerlinge word in twee groepe verdeel afhangende van fiksheid en nie ouderdom nie.Ons neem deel aan ligas tydens die 2de en 3de kwartaal.

Tennis – Me Mariaan Bam

Tennis is ʼn gewilde sportsoort wat heeljaar plaasvind by Laerskool Swartkop. Zelda Paulsen is ons afrigter. Sy rig af vanaf Gr. R tot Gr. 7.

Tennisliga vind die 1ste en 3de kwartaal plaas op Maandae.  Die 2de kwartaal kan spelers mekaar daag om hul posisies te verbeter.  Die 4de kwartaal speel ons tennisrondomtalie om ons leerspanne vir die volgende jaar se liga te bepaal.

Atletiek is die sport wat ons aan die gang kry sommer so vroeg in die jaar waar hulle hardloop dat die stof so staan, waar ons gees tot in die bo dorp gehoor kan word. Elke leerder van Grondslagfase tot Seniorfase kry die geleentheid om deel te neem aan ons jaarlikse huissport waar die Swarries altyd hulle talente kan kom wys en geleentheid kry om goed te presteer. Daar word verskeie velditems en baanitems aangebied en die leerders kry die geleentheid om te groei en te ontwikkel om as topatlete te presteer.

Rugby by Laerskool Swartkop is die perfekte spansport vir seuns.  Rugby leer die jeug van vandag die belangrikheid van spanwerk,  lewensvaardigheid soos selfvertroue en dissipline. Die rugbyveld is waar die seuns aangemoedig word om nederig, respekvol en lojaal te wees.

Ons bied rugby aan vir ouderdomsgroepe 0/9 tot 0/13 en fokus daarop om vir al die seuns geleenthede op die rugbyveld te bied.  Afrigting vind plaas op Dinsdae en Donderdae. Ons pasievolle afrigters beskik oor die nodige “World Rugby” kwalifikasies.  Ons neem deel aan vriendskaplike- en liga wedstryde teen ons omliggende skole.

Bulletjierugby is ‘n nie-kontak sport wat rugbyvaardighede ontwikkel en leerders regkry om suksesvol in die seniorrugbyprogram in te skakel.Wie mag deelneem? Bulletjie rugby is ‘n sport vir ons junior leerders, hulle neem deel in die volgende ouderdomme: o/6 – Graad RR en R o/7 – Graad 1 o/8 – Graad 2 Ouerbetrokkenheid Dit is ‘n ouergedrewe sport, dus rig ouers die seuns af, en sorg vir die administratiewe reëlings in terme van die spanne wat op die wedstryddae speel ensovoorts.  Ons versoek dat enige ouer wat bereid is om te help met afrigting of admin die vrymoedigheid sal hê om in te tree en te help om die seuns se vormingsjare in hulle rugbyloopbane te bevorder. Oefentye Ons oefeninge begin reeds Maandag, 31 Januarie.   Die oefentye vir die kwartaal is Maandae en Woensdae om 17h00 to 18h00. Kostes    Elke leerder moet ‘n inskrywingsfooi van R250 vir die jaar betaal.  Hierdie fooie dek die volgende:
  • Mediese personeel by die dae
  • Gebruik van velde
  • Betaaldae inskrywings
  • Oefenhempie
  • Geld wat oorbly word gebruik om toerusting en hempies aan te koop vir die jaar wat kom.

Senior Netbal – Annelize van der Merwe

O/10 – O/13
Die Netbaldogters oefen op Dinsdae en Donderdae vanaf 14:00 – 15:30. 0/10-dogters oefen op die grasbaan by die Gr. R-klasse, terwyl die 0/11 – 0/13-dogters op die weervaste bane oefen. Elke span is bevoorreg om 2 tot 3 afrigters te hê, wat jaarliks kursusse bywoon, om te sorg dat ons dogters hul beste op die netbalbaan lewer.

Die afrigters vir die onderskeie spanne is as volg:
O/10 – Me. Janine Combrink, Me. Meleney Kleu
O/11 – Me. Danica Meintjes, Me. Charlene Richter, Me. Martinique Joubert
O/12 – Me. Marizaan Miller, Me. Annelize van der Merwe
O/13 – Me. Mardi du Plessis, Me. Petru Schnuir

Daar vind ʼn Netbalkamp te Jubaweni plaas vanaf 3 – 5 Maart 2023. Vriendskaplike wedstryde, sowel as Liga-wedstryde word gedurende die netbalseisoen gespeel. Liga-wedstryde vind plaas ten Pretoria-Oos, Doringkloof, CBC Mount Edmund, Simon Bekker, Uitsig, Springvale, Woodhill College en DSG.

Ons is hard aan die werk en sien uit na ʼn goeie seisoen.

Mini-Netbal – Melanie Vogel

Mandjiebal (o/6)
Die Graad R dogters speel Mandjiebal wat deel vorm van Mini-Netbal. Mandjiebal bestaan uit 5 speelsters, waar hulle in een derde van die netbalbaan speel. Die doel van Mandjiebal is om die speelsters entoesiasties te maak oor netbal en die nodige basiese vaardighede aan te leer.
Kwartale: Mandjiebal begin middel Februarie tot einde Kwartaal 2.
Mandjiebal oefeningtye: Dinsdae en Donderdae 13:10 – 14:00.
Mandjiebal speelsters (o/6) neem deel aan Mini-Netbalfeesdae wat op Saterdae plaasvind.

Mini-Netbal (o/7 – o/9)
Graad 1, 2 en 3 dogters speel Mini-Netbal.

Wat is Mini-Netbal?

  • Bestaan uit 8 speelsters in ʼn span
  • Speelsters ruil posisies na elke helfte.
  • Geen telling word gehou nie en daar word gekonsentreer op
    genot en die ontwikkeling van basiese vaardighede.

Wat is die doel van Mini-Netbal?
Aanleer van …

  • Vaardighede soos hand– oogkoördinasie, voetwerk en liggaamsbeheer.
  • Tegnieke van aanvallende en verdedigende spel.
  • Fiksheid en uithouvermoë.
  • Spelpatrone op die baan.
  • Ontwikkeling van selfvertroue en sosialisering (spansport).
  • Vinnige en kreatiewe denke (vinnige besluite op die baan).

Jaarliks woon ons Mini-Netbaldogters ʼn kliniek by, waar hulle die basiese tegnieke en vaardighede aanleer en bemeester.

Kwartale: Mini-Netbal begin middel Februarie tot einde Kwartaal 2.
Mini-netbal oefeningtye: Dinsdae en Donderdae 14:00 – 15:00.

Mini-Netbal speelsters (o/7 – o/9) neem deel aan vriendskaplike Mini-Netbalfeesdae op Saterdae plaasvind. Die o/8 en o/9 speelsters het ook Mini-Netbalfeesdae op Donderdae.

Krieket word by Laerskool Swartkop aangebied vir alle leerders van o/9 tot o/13. Jonger leerders skakel by die Bev-Krieket in (sien Bev-Krieket).

Die krieketseisoen vind in die derde kwartaal plaas met proewe wat reeds in die tweede kwartaal plaasvind. Die aantal spanne word bepaal deur die hoeveelheid leerders wat by die proewe aansluit.

Ons neem deel aan die liga soos bepaal deur die Laerskole Krieketunie wat deel vorm van Northerns. Ons 1ste XI sal ook van hierdie jaar af aan die aandliga deelneem. Ons het top gehalte afrigters wat aan elke aspek van die spel sal aandag gee om sodoende u kind die beste moontlik te bied.

Hoekom Krieket?

Krieket is die perfekte geleentheid om sosiale vaardighede en spanwerk te bevorder terwyl individuele vaardighede ook verbeter word. Dit leer leerders om te wen en te verloor as ‘n span, asook om individuele prestasies te koester. Dit is ook die ideale geleentheid om nuwe maats te maak en nuwe mense te ontmoet.

Toerusting

Alle spelers wat aan die liga wil deelneem moet hulle eie toerusting (insluitende kopskerms) hê. Leerders moet ook hulle eie oefenbal met die regte gewig hê. Wedstrydballe en ander oefentoerusting sal voorsien word deur die skool.

Ons as Laerskool Swartkop afrigters moedig ook deelname aan klubkrieket aan.

Dames krieket is ‘n groeiende sportsoort wat wêreldwyd baie meer aandag geniet as in die verlede. Krieket Suid-Afrika het ook baie van die skole ligas en provinsiale kompetisies so gestruktureer dat dit ‘n spieëlbeeld van seuns krieket sal wees.

Ons het dit dus goed gedink om ons dogters die regverdige kans te gee om deel te neem aan hierdie sportsoort deur ‘n o/13 span te begin. Daar sal proewe gehou word vir alle meisies wat belangstel. Daar sal dan 14 meisies gekies word om deel te vorm van hierdie span. Ons is baie opgewonde oor hierdie sport.

Let wel dat krieket en hokkie in dieselfde seisoen plaasvind en dat hokkie voorkeur sal geniet. Indien daar nie genoeg belangstelling is om ‘n vol span te maak nie, sal ons die dogters ‘n geleentheid gee om in te skakel by die seunsprogram. Hou gerus die d6 kommunikeerder en u kind se tas dop vir briewe wanneer die tyd nader kom.

Ons as afrigters moedig u ook aan om u kind by ‘n krieketklub aan te sluit om nodige vaardighede aan te leer.

Bev-Krieket word aangebied vir alle leerders van Graad RR tot Graad 2. Ouer leerders skakel in by die gewone krieket.

Bev-Krieket is ‘n ouer-gedrewe sportsoort en vind saam met die senior krieket in die derde kwartaal plaas. Oefeninge begin ook reeds aan die einde van die tweede kwartaal. Ons vra ‘n inskrywingsfooi van R250 per leerder. Die inskrywingsfooi dek die huur van velde vir die seisoen, wedstrydballe en inskrywings aan die liga.

Hierdie sport bied ouers ‘n geleentheid om deel te wees van die ontwikkeling in hulle kind se baie belangrike vormingsjare waarin hulle ‘n liefde vir die spel kan kweek.

Die spelers speel met volle kriekettoerusting en met harde krieketballe. Dit help die kinders om gereed te wees wanneer hulle in Graad 3 begin met die seniorliga.

Wedstryde vind Saterdae plaas, en daar is ook ‘n aandliga wat Woensdae aande plaasvind. 

Ons moedig u ook aan om u kind by ‘n krieketklub te affilieer om sodoende hulle vaardighede op te skerp.

Hokkie by Laerskool Swartkop behels genot en passie. Hokkie word vir seuns en dogters aangebied in die derde kwartaal vanaf 0/10 tot 0/13. Ons begin alreeds aan die einde van die tweede kwartaal te oefen nadat ons proewe in die tweede kwartaal gehou word wat fokus op vaardighede.  

By die seuns kombineer ons die O/10 en O/11 saam en die O/12 en O/13 spelers saam. Ons reël dat die spelers ook op die Astrobaan oefen. Ons afrigters het ‘n passie vir die sport.

Laerskool Swartkop Hokkie Bokkies
“We are not a team because we work together, we are a team because we respect, trust and care for each other” Hierdie aanhaling verduidelik so mooi waarvoor hokkie hier by Laerskool Swartkop, “die omgee skool”, staan. Ons afrigters is gemotiveerd om seker te maak dat elke hokkie bokkie haar vaardighede optimaal ontwikkel volgens haar vermoëns en talente, om ‘n liefde te kweek vir die spel en om dit ten volle te geniet. Buiten vaardighede, is dit vir ons belangrik dat ‘n goeie sportmangees op vroeë ouderdom vasgelê word. Hokkie word aangebied vir die volgende ouderdomme:
  • o/10
  • o/11
  • o/12
  • o/13

Mini-Hokkie – Annemarie Foure

Mini-Hokkie skop af aan die einde van die 2de kwartaal met ʼn mini-hokkie kliniek (koste:  R250 per leerder).

Oefeninge begin aan die begin van die 3de kwartaal.

Gr. R begin hierdie jaar met ʼn vaardigheidsprogram maar geen wedstryde word gespeel nie.

Gr. 1 tot 3 seuns en dogters neem deel aan twee mini-hokkie dae sowel as ons eie mini-hokkie dag.

Kleredrag:       Seuns – Swarriehemp, blou sportkortbroek en Laerskool Swartkop hokkiekouse.

                        Dogters – Swarriehemp, navy blou rompie of blou kortbroek en Laerskool Swartkop hokkiekouse.

Hokkiekouse is beskikbaar by Wierdapark uitrusters.

Kwartaal 3 – Oefentye

Gr. R                Seuns – Dinsdae 13:00 tot 13:40

                        Dogters – Donderdae 13:00 tot 13:40

Gr. 1 en 2        Seuns en Dogters – Dinsdae en Donderdae 14:00 tot 15:00

Gr. 3                Seuns en Dogters – Dinsdae en Donderdae 15:00 tot 16:00

Enige leerder wat by ‘n ry-skool betrokke is, en aan kompetisies deelneem soos byvoorbeeld Western-mounted games en Show jumping, is welkom om by Juffrou Marizaan Miller aansoek te doen om Laerskool Swartkop te verteenwoordig.

Alhoewel leerders nie by die skool self perdry nie,  kan hulle by hulle onderskeie ry-skole onder die skool se naam deelneem aan kompetisies.  Leerders word aangemoedig om so deel te neem, aangesien hulle meriete ontvang vir deelname aan die verskeie dissiplines van perdesport.

Skaak – Petru SchnuirSkaak is ʼn spel tussen twee spelers wat die leerders leer om strategies en logies te dink, maar ook om pret te hê! Hier by Laerskool Swartkop bied ons skaak aan vir alle leerders van Graad R tot 7, beginner tot wenner.

Oefentye:

  • Op Maandae oefen die Seniors van 15:00 – 16:00
  • Op Woensdae oefen die Juniors van 14:00 – 15:00
  • Op Donderdae oefen die Seniors saam met Johannes Mabusela van 14:15 – 15:15 en die Juniors vanaf 15:30 – 16:00

Skaakorganiseerder: Me. P. Schnuir

Afrigter: Mnr. A. Smit

Buite Afrigter: Mnr J. Mabusela

Scroll to Top