D6 COMMUNICATOR

Vanaf 2016 implimenteer ons skool ook die skoolkommunikeerder (D6 Communicator). Dit stel die skool in staat om meer effektief met u te kommunikeer en wat u die geleentheid bied om op hoogte te bly van die bedrywighede by die skool. Dit is belangrik dat u dit asb sal aflaai.

Die D6 Communicator word gebruik vir daaglikse kommunikasie en is ook veral belangrik vir reëlings wat verander soos byvoorbeeld as oefeninge uitreën of afgestel word. U ontvang dadelik ‘n nota op u foon met die inligting, en u het maklike toegang tot informasie wat ook daarop geplaas word.

Hierdie toepassing (“app”) kan op u rekenaar of slimfoon, vanaf die internet, afgelaai word deur die volgende skakel te volg  http://d6technology.com/download/school/10016