GLOWRUN – 20 Feb

Laerskool Swartkop vier hulle vyftigste verjaarsdag die jaar en bied 'n 'Love to Glowrun' 4km Pretloop aan as deel van die feesvieringe.

Oud en jonk kan saam die aand geniet en elke pretloopkaartjie sluit 'n 'Glow'-pakkie in en toeskouers is welkom. Trek jou gemaklikste wit klere aan, bring jou kopliggie en hope energie, ons almal dans vooraf saam by die 'Glow'-partytjie, en stap of hardloop daarna die pretloop!

Daar sal ook heerlike kosstalletjies wees en 'n 'Glow'-stalletjie as jy regtig oorboord wil gaan met als wat neon en kleurvol is.
Datum: Woensdag, 20 Februarie 2019
Partytjie: 18h00 – “Aerobics” saam met van ons personeel en kan mekaar gooi met die “colour run” verf en net pret hê
Pretloop Wegspring: 19h00 – Slegs die met die korrekte kleurbandjie aan mag deelneem geen toeskouers mag deelneem aan die pretloop nie.
Pryse sal ook weggee word na die pretloop.

 Arriveer ten minste 30 minute voor die wegspring
 Geen eet-en drinkgoed sal van buite af toegelaat word nie.
 Geen toegang sonder 'n kaartjie nie.
 'Glow'-pakkies word by die ingang afgehaal, die aand van die pretloop.
 Kaartjies sal op die dag by die hek beskikbaar wees.
 GEEN troeteldiere word toegelaat nie.

TIXSA link: https://tickets.tixsa.co.za/event/love-to-glowrun

Kaartjies kan vooraf by die skool gekoop word by u kind se voogonderwyser. R60 toegang wat ‘n pakkie met “glow sticks” en “colour run” verf insluit. ‘n Kleurbandjie sal Vrydag, 15 Februarie
2019 gegee word aan u kind vir die aantal kaartjies wat hy/sy benodig. Alle pakkies word dan die aand afgehaal met die wys van jul bandjies. Toeskouers is ook meer as welkom. R20 toegang wat ‘n pakkie verf insluit om saam voor die tyd fees te vier. U sal ‘n ander kleur bandjie ontvang en kan ook vooraf by u kind se voogklasse gekoop word.
Kinders onder 2 jaar kry gratis toegang.

Swarrie Glowrun-groete