LEESWEEK

Die Mediasentrum bied elke jaar 'n leesweek aan. Die hoofdoel hiervan is om 'n goeie leeskultuur by Laerskool Swartkop se kinders te kweek. Dit sorg ook vir baie pret en plesier veral omdat die maats soos hul gunsteling karakter uit 'n storieboek mag aantrek.