PRESTASIES

2018

Vier van Laerskool Swartkop se Gr 7 -leerlinge Dawid Swemmer, Stephan Hart, Christy Mouton en Minette de Souza-Allegria het in die afgelope week aan 'n Departementele vasvra kompetisie deelgeneem en algeheel eerste geeindig van die 53 skole van reg oor Pretoria wat betrokke was by die SAASTA 2018 Astronomy Quiz Competition.

2018

Die graad 6 en 7 leerders van Laerskool Swartkop het hulle staal gewys by die pas afgelope Eldo Toneelfees wat in samewerking met die Aardklop Nasionale Kunsfees aangebied word.
Almé Hugo is bekroon vir haar nuutgeskrewe teks Spinnekop in die ekstra Wiskunde klas wat dan ook die prys gekry het vir beste Laerskool Produksie. Die jong akteurs het gesamentlik 5 goud en 1 silwer sertifikate gekry vir hulle toneelspel. Sadi Janse van Vuuren is benoem as beste aktrise. Zander Plomp in die rol van Mnr Gericke het weggestap as die beste akteur. Erich Breedt en Tammy van Wyk het die prys gekry vir die beste ondersteunende akteurs.

Byskrifte:
1) Almé Hugo
2) Graad 6 en 7 Toneelgroep van Laerskool Swartkop
3) Tammy van Wyk, Zander Plomp, Sadi Janse van Vuuren en Erich Breedt

2018

Laerskool Swartkop se Junior- en Seniorskaakspan het uit gestyg as die algehele wenners by die pas afgelope RMS-skaakkampioenskap reeks.
Voor is George Vermeulen, Ané Schuster, Me Charlene van Wyk en Nicolaas Ras, In die middel sit JC Kleynhans, Ruben Meades, Melindie Reyneke, Minette de Souza-Allegria, Talia Reyneke en Victor Kleynhans. Agter is Jandré Neetling, Dian Meades, Marco Liebenberg en Ruben Strydom.

2018

Die tonge is behoorlik los vir die redenaars by Laerskool Swartkop wat in die afgelope week as die wenners gekroon is in die RMS-liga vir meduimskole. Die span bestaande uit een leerder uit elke graadgroep het uitgestaan en elke keer onder die top 3 geeindig.

Die wenspan: Deoné Freeke Gr 2, Jaydon Mocke Gr, Tristan Middleton Gr 3, Reinhardt Strauss Gr 4, Kayla Pretorius Gr 7, Liza Stolz Gr 6 en Alichia Midlleton Gr 5.

2018

Laerskool Swartkop het behoorlik sy staal gewys by die jaarlikse Centurion Kunstefees en weereens bewys dat die klein juweel in Centurion nie agteruit hoef te staan vir ander skole nie. Ons skool se leerders het uitstekend presteer en het die volgende toekennings die afgelope week ontvang by die Gala-aand:

Conrad Botha – Mees belowende talent in fotografie.
Minette de Souza Allegria – Mees belowende talent in dekoratiewe kuns Gr 4-7.
Clayton Fouché – Beste leerling woordspel Afrikaans huistaal Gr 7.
Olivia Schalkwyk en Stefan Greeff – Beste samespraak in die laerskool afdeling.

Laerskool Swartkop ontvang ook die volgende trofees: Beste prestasie in skole kuns, Beste gedramatiseerde spreekkoor, Beste skool Woordspel Afrikaans Huistaal Gr 7 en Beste laerskool toneel,

2017

Laerskool Swartkop se Eerste rugbyspan het 'n droom seisoen gehad. Hulle het as die B1-Bond se afdelings wenners uitgestaan en die rekordboeke herskryf as die mees suksesvolle span in dié skool se geskiedenis. Hulle het al 7 van hul wedstryde gewen. Die span het 329 punte aangeteken in hierde 7 wedstryde en slegs 60 punte afgestaan. Dis 'n gemiddeld van 47 punte per wedstryd. Rudi Meyer saam met die eerste span ouers het die skool se nuwe gelukbringer "Swarrie" geborg. Jaco Miller en Jan Desmore was die afrigters en Abel Pretorius die kaptein.

2017

Laerskool Swartkop se bekkige Graad 5 Span-redenaars het baie goed gevaar by die Gauteng Interskole Redenaarskompetisie en het vir hulself 'n eerste plek los gepraat en is aangewys as die afdelingswenners. Die span bestaan uit Jaco van Niekerk, Kade Poonasamy, Yolanda Kotzé en Lara Schutte.

2017

Laerskool Swartkop se langasemkampioen Rico Coetzer is nou amptelik die beste langafstandatleet in die land in sy ouderdoms groep. Op Saterdag 9 September het hy sy 2de SA titel verower nadat hy by die SA landloopkampioenskap op Potchefstroom 'n eerste plek verower het deur sy 2 km wedloop in 7 min af te lê en daarmee saam ook goud vir die AGN o/10 span. Sy afrigter Mev Leandra Kendal is baie trots op hom. Na sy oorwinning in die 1 200m vroër vanjaar het hulle baie gewerk aan sy wedloopplan en algehele strategie wat sy tweede SA-titel verseker het.

2017

Laerskool Swartkop se top atleet Rico Coetzer het sy atletiek seisoen op 'n hoë noot afgesluit. Hy het die afgelope naweek deel geneem aan die SA Kampioenskappe in Potchefstroom en goud verwerf in die 1 200m met 'n tyd van 3:49. Alhoewel hy die SA rekord net net gemis het, het Rico kop en skouers uitgestaan in sy item deur die hele seisoen en dit reg gekry om by elke vorige byeenkoms die bestaande rekord te verbeter.

2017

Laerskool Swartkop se twee top atlete maak hulle reg om eersdaags aan die GIZA-kampioenskappe deel te neem. Die twee atlete het al gesorg vir baie opwinding. Marlé Venter is nog onoorwinbaar in altwee haar items gewigstoot en diskus. Die vinnigelangasem, Rico Coetzer het sover by elke byeenkoms van die seisoen die bestaande rekord verbeter een in die 100 m, maar nog ses ander in die 1 200 m.

2016

Die Senior Spanskaak span van Laerskool Swartkop het op Vrydag en Saterdag deelgeneem aan die Arnold Classic Team Chess, waar 'n span sonder om te kommunikeer as een span moet saamwerk om die ander spanne uit te stof.

Waar skaak gewoonlik ‘n individuele spel is, moes die span saamwerk om mekaar te verstaan. Elke span is net so sterk soos sy swakste skuif of speler en die Swarries het soos een span saamgewerk en mekaar uitstekend gelees en vinning en akuraat gespeel.

Tydens die 2 dae het 47 wedstrydte in totaal plaasgevind waar Saterdag se rondtes almal uitklop wedstrydte was om die finale wenners te kroon.

Nie net het Arnold Swarzenegger self die wedstrydte kom dophou nie, maar die Laerskool Swartkop se span is as wenners bekroon na 5 naelbyt wedstrydte. Arnold Swarzenegger is self ook ‘n skaakspler met ‘n nasionale gradering van 1500+

Die span wat die skool verteenwoordig het was van links na regs: Jonny Erasmus, Pieter Reyneke, Kate Roberts, Luan Bekker, Meirin Wasserman.

2016

5 leerders van Laerskool Swartkop het die Tshwane Distrik verteenwoordig tydens die Suid-Afrikaanse Junior Skaaktoernooi in Kimberley.

Van links na regs agter: Pieter Reyneke (o12A) Meirin Wasserman (o14C) Luan Bekker (o912A)

Van links na regs voor: Melindie Reyneke (o10dogters) Talia Reyneke (o8 dogters) het ook weggestap met die Tshwane dogters trofee vir die meeste toernooie gespeel

Beide Pieter en Luan het bordpryse ontvang met onderskeidelik 7/7 en 5/7 oorwinnings.

2016

Twee graad 6 leerlinge van Laerskool Swartkop Hendrik Prinsloo en Ric La Marque het aan die Platinum A-liga van die Defence Junior Krieketklub deelgeneem en hulle o/12-span was die ligawenners.

2016

Laerskool Swartkop het weereens hierdie jaar van hul top redenaars om die skool te verteenwoordig by die jaarlikse ATKV Redenaarskompetisie.
Gr 3:- Conrad Botha, Alishia Middleton, Danette van der Merwe, Ronan Doyle, Caitlyn Parker en Ivana Krahtz.

Gr 4 en 5:- Liza Stoltz, Melindie Reyneke, Danika van Rhyn, Olivia Schalkwyk, Nandi Wolmarans en Leam Nieuwoudt.

Gr 6 en 7: Marise Loots, Meirin Wassermann, Micarney J van Vuuren, Pieter Reyneke, Jeandré Coetzee en Annine Stoltz.

2015

Die slimkop Alishia Middleton ‘n graad 2 leerling van Laerskool Swartkop ontvang ‘n 3e plek tydens die C-Maths kampioenskappe.

2015

Zestiaan Short van Laerskool Swartkop is verkies tot die Gauteng-Noord Platinum Tennisgroep. Dit plaas hom onder die top 10 tennisspelers in die provinsie.

2015

Laerskool Swartkop spog met puik skaakspelers in die vorm van Melindie en Talia Reyneke asook Luan Bekker. Hulle het aan die D4-distriks individuele kompetisie deelgeneem en dring deur na die Gauteng-kampioenskappe.

Luan Bekker in Graad 6 wen goud in die o/13 liga al hoe wel hy o/12 is. Melindie Reyneke in Graad 3 verwerf ‘n 2de plek. Nog ‘n ster is Talia Reyneke. Dié Graad 1-leerling eindig algeheel 3de in die kompetisie teen spelers wat 2 jaar ouer is as sy.

 

Ons eie Protea Skaakspeler
Laerskool Swartkop se Luan Bekker ‘n Graad 6 leerling is gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Afrika Skole individuele skaak kampioenskappe en verwerf hiermee sy Nasionale Klere in dié sport.

2015

Laerskool Swartkop het weer bewys hulle het ‘n paar slimkoppe of is dit nou skaak-koppe. Hierdie leerlinge wat wissel van Gr 1 tot 6 het puik presteer. Melindie Reyneke (links voor) ‘n Gr 3 leerling het aan die Gauteng Skole Skaak proewe deelgeneem en ‘n 2e plek vir dogters o/9 verwerf. Sy kwalifiseer ook om Gauteng te verteenwoordig by die SA skole toernooi wat later in die jaar plaasvind. Pieter Reyneke, Caitlyn Parker, Melindie Reyneke, Talia Reyneke, Tonya Wheeler en Kiara Herbst het almal aan die Wonderboom Ope toernooi deelgeneem. By hierdie toernooi verwerf Talia Reyneke en Kiara Herbst in hulle onderskeie seksies 2e plekke.

2015

Laerskool Swartkop spog met 'n perdryter van formaat in die vorm van Melissa Petrick. Sy het deel geneem aan die FNB Graded Show by Misty Meadows naby Cullinan met haar perd Samurai Warrior en behaal 'n 1ste plek met 60 cm "Competition" en 'n algehele 2de plek met 60 cm "Speed".

2015

Laerskool Swartkop staan breebors oor hul spog atleet Zandré du Toit met sy 2 goue medaljes wat hy verwerf in 100 m en 200 m naelope tydens die Gauteng-Atletiekkampioenskappe asook sy insluiting in die Gauteng-atletiekspan waar hy eersdaags aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe gaan deelneem.