SKOOLKLERE

Informele Skoolklere (Swarriedrag)

Somer
Denimbroek, (lank of knie), Swarrie-hemp, tekkies, skoolwindjakker of skooltrui. Geen denimrompies of kortbroek vir dogters nie.
Geen plakkies!
Graad 1 en nuwe leerlinge ontvang ‘n hemp. Nuwe hemde kan by die klerebank aangekoop word teen R250.

Winter
Geen Swarriedrag gedurende die winter nie.

FORMELE SKOOLKLERE

Seuns Somersdrag

Broek
Grys kortbroek riffelstof of gladde materiaal.
Skoolstyl katoenmengsel.

Hemp
Grys kortmou katoenmengsel hemp
Geen T-hemp word onder die hemp gedra.

Kouse
Grys skooltipe kniekouse met gekleurde rand in skoolkleure.

Skoene
Swart toeryg skoolskoene.
Alle seuns vanaf Gr 1 tot en met Gr 7, mag gedurende somerseisoen kaalvoet skooltoe kom.
Somerskooldrag vir seuns opsioneel toelaatbaar gedurende winter.

 

 

Wintersdrag

Broek
Grys langbroek skoolstyl, riffel of gladde materiaal.
‘n Swart gordel moet gedra word indien die broek lussies het.

Hemp
Grys katoenmengsel langmouhemp (was en dra) met vlootblou skooldas (knoop- of knipdas) opsioneel.
Geen T-hemp word onder die hemp gedra nie.

Kouse
Grys skooltipe kouse met gekleurde rand in skoolkleure.

Skoene
Skoene soos vir somer
Skoene verpligtend by langbroek

Trui/Windjakker/Dri-Mac
Vlootblou, V-nek trui met lang moue.
Vlootblou v-nek oortrek trui
Vlootblou windjakker of vlootblou Dri-Mac.

Serp slegs wit of navy blou (geen mus)

Das
Vlootblou das

Nie te groot
Kledingstuk moet ‘n netjiese pas grootte wees.
Oorgrootte kledingstukke is nie toelaatbaar nie.

LET WEL GEEN SWEETPAK WORD BY
SKOOLDRAG TOEGELAAT NIE, SLEGS BY
SPORTDRAG.

 

Dogters Somersdrag

Rokkie
Turquise kleur geruite rok met wit afwerkings en lyfbandjie (by verskaffers beskikbaar)
Knope is turquise – nie wit nie

Lengte van rok:
Bo die knie – nie korter as ± 6cm bo die knie nie.
Die los lyfbandjie word in die voorste naat van die voorpant vasgesit.

Sokkies/Kouse
Gewone kort wit sokkies.
Geen “skelmsokkies” mag deur dogters gedra word nie.

Haartooisels
Saam met wit “scrunchy” kan wit / somersrokmateriaal “alice-band” gedra word.
Saam met navy en turquise “scrunchy” kan navy “alice-band” gedra word.
Saam met somersrokmateriaal “scrunchy” kan somersrokmateriaal “alice-band” of wit “alice-band”
gedra word.

Wintersdrag—LW: Gr 1-3 Dogters mag net langbroeke in die winter dra.

Langbroek
Vlootblou met rek om middel

Graad 4-7
Langbroek
Vlootblou met rek om middel of- Romp, Vlootblou, vierbaan klokromp, band glad voor met rek agter

Lengte van romp: Bo die knie, nie korter as ± 6cm bo die knie nie.

Hemp en Das
Wit skoolhemp met toeknoop boordjie.
Turquisekleur strikdas.

Trui/Windjakker/Skool Dri-Mac
Vlootblou, V-nek trui met lang moue
Vlootblou V-nek oortrek trui
Skool vlootblou windjakker of vlootblou Dri-Mac.

Serp slegs wit of navy blou
Geen mus.

Kouse
Vlootblou, kniekouse met gekleurde rand in skoolkleure
Vlootblou (Navy) Decitex broekiekouse - Slegs Opaque (78 decitex) sykouse.

Skoene
Swart skoene soos vir somersdrag.
Skoene verpligtend by alle winterdrag.

Haartooisels vir die winter
Soos somer.
Serpe: - Wit of Vlootblou serpe mag gedra word.