SKOOLLIED EN SKOOLWAPEN

Skoolwapen

Die leuse van die skool, soos op die skool wapen is ROTSVAS EN KOERSVAS

Visie

Om ’n gelukkige en trotse skoolgemeenskap te wees.

Missie

Ons streef daarna om in harmonie elke kind se volle potensiaal te ontwikkel sodat hulle die toekoms rotsvas en koersvas kan betree.

 

Kernwaardes

Geestelike verryking

Moedertaal onderrig

Gebalanseerdheid m.b.t. Akademie, sport en kultuur

Effektiewe dissipline

Ontginning van kreatiwiteit

Uitbouing van nasionale trots

Vestiging van Swarrie-tradisies

Wedersydse respek

Omgee en uitreiking

 

Skoollied

Rudi Neitz het die skoollied geskryf en getoonset.

Swartkops’ rotse vaste grond
daar’s ons skoolgebou.
Liggaam,gees en siel gesond
Swartkop hoog te hou!

Ons groei uit n ryk verlede,
riglyn vir ons vaste Skrede
na die toekoms wat ons bou
en die toekoms noem ons: NOU

Swartkops’ leuse is ons keuse
daaraan bly ons altyd trou:
Ons staan rotsvas!
Ons streef koersvas

Ons wil handhaaf,
ons wil bou!
Rotsvas! Koervas!
nie more nie, maar nou.