SKOOLSLUITING – MAATREËLS DEUR AGBARE PRESIDENT MNR CYRIL RAMAPHOSA

1 April 2020

SKOOLFONDS, NASKOOLGELDE EN AKADEMIESE VORDERING
Die regulasies wat deur die regering ingestel is om die verspreiding van die Covid-19 virus te bekamp, hou verreikende gevolge vir ons almal in. Die gevolge sluit in negatiewe ekonomiese toestande wat elke sfeer van ons almal se lewens gaan beïnvloed. Die effek van die virus...   (kliek hier vir die res van die brief)

Dokumente

Beste Swarrie ouers. In ‘n poging om ons ouers behulpsaam te wees het die beheerliggaam sekere skakels en dokumente op die D6 geplaas. Ons kan nie waarborg dat al die dokumente of skakels volledig is nie, maar kyk gerus daarna en maak gebruik daarvan indien nodig. Bly tuis, bly veilig. Dokumente bygevoeg onder Bronne / Covid19 Hulpbronne

Swarriegroete

Maandag, 16 Maart 2020

Beste Ouers,

Die skool sluit Dinsdag, 17 Maart vir alle leerders (Gr R-2 om 13:00 en Gr 3-7 om 13:45).

Rapporte word aan die einde van die dag op 17 Maart aan die leerders van Gr R-7 gegee en u hoef dit nie te kom afhaal nie. Die ouerdag van Donderdag vind ook nie meer plaas nie en formele kommunikasie rondom die alternatief sal aan u deurgegee word.
* NB: Die skool se Naskoolsentrum sal ook gesluit wees soos die skool.

Alle formele aktiwiteite en buitemuurs sal ook nie voortgaan nie. Die formele toere sal ook nie plaasvind nie en die betrokke ouers sal kommunikasie ontvang. Volgens die nuutste inligting sal die skool weer op 14 April open en sal ons u op hoogte hou van enige verwikkelinge.

Groete,

Mnr Munnik van der Merwe

VOORTYDIGE INLIGTING IN SAKE STELSELMATIGE INFASERING VAN ONDERRIG BY SKOLE