Ander Buitemuurs

Swarrie-“Click”is ‘n fotografie klub waar ons Laerskool kinders meer leer oor ‘n kamera en hoe om kreatief foto’s te neem. Klasse vind in die middae plaas op Maandae in Kwartaal 2 en 3. Daar is ‘n kostes verbonde wat ‘n opwindende uitstappie insluit. Vir meer meer inligting kontak Me. S. Groenewald

Finesse is ‘n eksklusiewe aktiwiteit vir alle graad 7 dogters. Die meisies kry blootstelling aan verskeie vaardighede wat hulle help voorberei vir die Hoërskool.

Daar is ‘n fooi van R50 per kwartaal betrokke, wat aangewend word vir sprekers en benodighede vir die verskeie aktiwiteite. Daar is ook ‘n t-hemp beskikbaar @ R120.

Wanneer – Maandae 13:45-15:00 

Liefdadigheid

Liefdadigheidskomitee

Swarrie Engele

Broodjie mammas

Papprojek

Ons skool het ‘n Liefdadigheidskomitee, wat een keer ‘n kwartaal uitreik na behoeftige gemeenskappe, instansies of mense in nood. Swarries neem deel en help met skenkings. Swarries gee om!

Swarrie Engele – Kruideniersware projek

‘n Paar van ons gesinne word reeds sedert die begin van die inperking van kospakkies voorsien. Ons is egter afhanklik van skenkings en wil graag elke Maandag tussen 9:00 en 11:00 en weer van 16:00 en 17:00 (dieselfde tydgleuf as afhaal van werkspakkies) vir ouers geleentheid gee om skenkings van kruideniersware by die skool te kom aflaai. Leerders kan items saambring skool toe wanneer hul terugkeer. Ons sal ‘n houer voorsien waarin items geplaas kan word en dit is deel van die Swarrie Engele Projek van die skool. Baie dankie vir u oop hand en hart. Kontak vir Me. Esther Cronjé indien u betrokke wil raak (esther.cronje@laerskoolswartkop.co.za) Voorstelle vir skenkings soos volg maar enige ander items sal ook baie waardeer word:

Gr RR/R: mieliemeel, koekmeel of blikkies tamatie- en uie sous
Gr 1: pasta of wortels
Gr 2: rys of soppoeier
Gr 3: Blikkies vleis of lemoene
Gr 4: Blikkies groente of ontbytpap
Gr 5: Koffie/tee of aartappels
Gr 6: Langlewe melk of suiker
Gr 7: Toiletpapier / badseep of uie

Ons skool vorm deel van die Sytze Wierda Voortrekker Kommando. Kliek hier vir meer inligting.