Na aanleiding van die aankondiging van die regering op 31 Januarie 2022 ten opsigte van isolasie gee ons graag die volgende regulasies van Laerskool Swartkop deur:
Indien ‘n leerder positief toets sonder simptome is dit nie meer nodig om te isoleer nie.
As die leerder positief toets met simptome, is die isolasieperiode 7 dae van die dag van positiewe uitslag.
Geen direk of sekondêr kontak, meer nodig om te isoleer nie, tensy hulle simptome ontwikkel.
Maskers word steeds gedra soos in vorige protokol.
Stappe vir aanmelding indien leerder positief toets vir COVID-19:
Kontak registeronderwyser per e-pos en heg positiewe uitslag aan.
Geen aanmelding op isolasie-link is meer nodig nie.
Dit is baie belangrik dat u, u kind se registeronderwyser in kennis sal stel indien u kind nie by die skool is nie.
Leerders wat afwesig is sonder verskoning of rede sal punte verbeur vir formele assessering of enige toetse.