D6 COMMUNICATOR

Vanaf 2016 implimenteer ons skool ook die skoolkommunikeerder (D6 Communicator).

In 2019 skuif ons skool oor na die D6 Connect. Dit is belangrik dat u dié nuwe toepassing (“app”)  asb sal aflaai.

Dit stel die skool in staat om meer effektief met u te kommunikeer en wat u die geleentheid bied om op hoogte te bly van die bedrywighede by die skool. Hierdie “app” is net op fone en tablet beskikbaar en nie op rekenaar nie. Die D6 Connect stel u in staat om aan u kind se naam te koppel, sodat u meer persoonlike inligting kan ontvang.

Die D6 Connect word gebruik vir daaglikse kommunikasie en is ook veral belangrik vir reëlings wat verander soos byvoorbeeld as oefeninge uitreën of afgestel word. U ontvang dadelik ‘n nota op u foon met die inligting, en u het maklike toegang tot informasie asook nuusbriewe wat ook daarop geplaas word.

Hierdie toepassing (“app”) kan op u tablet of slimfoon, vanaf die internet, afgelaai word deur die volgende skakel te volg :

https://play.google.com/store/apps/details?id=com.limitlessvirtual.principalplus