Laerskool Swartkop spog met ’n mediasentrum propvol pragtige boeke en inligting. Kinders kan boeke uitneem asook alle inligting vir hul projekte, en navorsings opdragte hier kry.
Daar is ’n hulpvaardige Media Komitee en die sentrum is elke pouse oop, asook in die middae na skool tot 14h45.
Bekende skrywers kom kuier jaarliks by ons skool se mediasentrum, waar hulle stories vertel oor hulle boeke en vir die leerlinge boeke teken.