Prestasies

2019
Die Leerlingraad van Laerskool Swartkop het die dag voor die skool heropen die onderwysers gaan veras met ‘n groot lawaai en behoorlik die partytjie gevoel gaan wakker maak vir inlyding van ons skool se 50ste bestaansjaar.

2019

Twee Graad 7 leerders van Laerskool Swartkop het uitgeblink in die skool se interne leeskompetisie. Die inisiatief is geloods om lees, en veral hard-op-lees te bevorder by die skool. Lara Schutte is bekroon vir die beste Afrikaanse leser en Olivia Schalkwyk vir Engels.

2019

Die CMR Valhalla, in samewerking met Laerskool Swartkop, het ‘n bemagtiging inisiatief geloods om leerders bewus te maak dat geweld en mishandeling aangemeld moet word. Die bemagtiging is behartig deur Me Daleen Estherhuysen, Maatskaplike werker by CMR Valhalla, en Tia Bosua Gruenenfelder, Opvoedkundige Sielkundige by Laerskool Swartkop. Die twee organisasies vat hande met Huis Gideon pleeghuis, wat dieselfde projek geloods het.

2019

Conrad Botha, Graad 6 leerder van Laerskool Swartkop, het onlangs aan die SA Presidente Kampioenskap deel geneem en eindig met ‘n silwer vir sy afdeling en is gekies vir ‘n toer geselskap na Estonia waar Europa se grootste stoeitoernooi plaas gevind het. 27 Lande het deel geneem met 2246 stoeiers. Hy eindig 11de op die rangleer van sy afdeling.

2019

Sadi Janse van Vuuren, ‘n graad 7 leerder van Laerskool Swartkop, het uitgeblink by die afgelope Artisticulta -en Centurion Kunstefees. Die jong opkomende aktrise het onderskydelik weggestap met 4 goue medaljes en ‘n A++ toekenning vir 5 verskillende afdelings. As byspeler vir Laerskool Swartkop se toneelgroep verower sy individueel, onderskeidelik goud by die Eldo Toneelfees en brons by ATKV se nuwe inisiatief, Tjokkertoneel.

2018

Vier van Laerskool Swartkop se Gr 7 -leerlinge Dawid Swemmer, Stephan Hart, Christy Mouton en Minette de Souza-Allegria het in die afgelope week aan ‘n Departementele vasvra kompetisie deelgeneem en algeheel eerste geeindig van die 53 skole van reg oor Pretoria wat betrokke was by die SAASTA 2018 Astronomy Quiz Competition.

2018

Die graad 6 en 7 leerders van Laerskool Swartkop het hulle staal gewys by die pas afgelope Eldo Toneelfees wat in samewerking met die Aardklop Nasionale Kunsfees aangebied word.
Almé Hugo is bekroon vir haar nuutgeskrewe teks Spinnekop in die ekstra Wiskunde klas wat dan ook die prys gekry het vir beste Laerskool Produksie. Die jong akteurs het gesamentlik 5 goud en 1 silwer sertifikate gekry vir hulle toneelspel. Sadi Janse van Vuuren is benoem as beste aktrise. Zander Plomp in die rol van Mnr Gericke het weggestap as die beste akteur. Erich Breedt en Tammy van Wyk het die prys gekry vir die beste ondersteunende akteurs.

Byskrifte:
1) Almé Hugo
2) Graad 6 en 7 Toneelgroep van Laerskool Swartkop
3) Tammy van Wyk, Zander Plomp, Sadi Janse van Vuuren en Erich Breedt

2018

Laerskool Swartkop se Junior- en Seniorskaakspan het uit gestyg as die algehele wenners by die pas afgelope RMS-skaakkampioenskap reeks.
Voor is George Vermeulen, Ané Schuster, Me Charlene van Wyk en Nicolaas Ras. In die middel sit JC Kleynhans, Ruben Meades, Melindie Reyneke, Minette de Souza-Allegria, Talia Reyneke en Victor Kleynhans. Agter is Jandré Neetling, Dian Meades, Marco Liebenberg en Ruben Strydom.

2018

Die tonge is behoorlik los vir die redenaars by Laerskool Swartkop wat in die afgelope week as die wenners gekroon is in die RMS-liga vir meduimskole. Die span bestaande uit een leerder uit elke graadgroep het uitgestaan en elke keer onder die top 3 geeindig.

Die wenspan: Deoné Freeke Gr 2, Jaydon Mocke Gr 1, Tristan Middleton Gr 3, Rieghardt Strauss Gr 4, Kayla Pretorius Gr 7, Liza Stolz Gr 6 en Alichia Midlleton Gr 5.

2018

Laerskool Swartkop het behoorlik sy staal gewys by die jaarlikse Centurion Kunstefees en weereens bewys dat die klein juweel in Centurion nie agteruit hoef te staan vir ander skole nie. Ons skool se leerders het uitstekend presteer en het die volgende toekennings die afgelope week ontvang by die Gala-aand:

Conrad Botha – Mees belowende talent in fotografie.
Minette de Souza Allegria – Mees belowende talent in dekoratiewe kuns Gr 4-7.
Clayton Fouché – Beste leerling woordspel Afrikaans huistaal Gr 7.
Olivia Schalkwyk en Stefan Greeff – Beste samespraak in die laerskool afdeling.

Laerskool Swartkop ontvang ook die volgende trofees: Beste prestasie in skole kuns, Beste gedramatiseerde spreekkoor, Beste skool Woordspel Afrikaans Huistaal Gr 7 en Beste laerskool toneel.

2017

Laerskool Swartkop se Eerste rugbyspan het ‘n droom seisoen gehad. Hulle het as die B1-Bond se afdelings wenners uitgestaan en die rekordboeke herskryf as die mees suksesvolle span in dié skool se geskiedenis. Hulle het al 7 van hul wedstryde gewen. Die span het 329 punte aangeteken in hierde 7 wedstryde en slegs 60 punte afgestaan. Dis ‘n gemiddeld van 47 punte per wedstryd. Rudi Meyer saam met die eerste span ouers het die skool se nuwe gelukbringer “Swarrie” geborg. Jaco Miller en Jan Desmore was die afrigters en Abel Pretorius die kaptein.

2017

Laerskool Swartkop se bekkige Graad 5 Span-redenaars het baie goed gevaar by die Gauteng Interskole Redenaarskompetisie en het vir hulself ‘n eerste plek los gepraat en is aangewys as die afdelingswenners. Die span bestaan uit Jaco van Niekerk, Kade Poonasamy, Yolanda Kotzé en Lara Schutte.

2017

Laerskool Swartkop se langasemkampioen Rico Coetzer is nou amptelik die beste langafstandatleet in die land in sy ouderdoms groep. Op Saterdag 9 September het hy sy 2de SA titel verower nadat hy by die SA landloopkampioenskap op Potchefstroom ‘n eerste plek verower het deur sy 2 km wedloop in 7 min af te lê en daarmee saam ook goud vir die AGN o/10 span. Sy afrigter Mev Liandra Kendall is baie trots op hom. Na sy oorwinning in die 1 200m vroër vanjaar het hulle baie gewerk aan sy wedloopplan en algehele strategie wat sy tweede SA-titel verseker het.

2017

Laerskool Swartkop se top atleet Rico Coetzer het sy atletiek seisoen op ‘n hoë noot afgesluit. Hy het die afgelope naweek deel geneem aan die SA Kampioenskappe in Potchefstroom en goud verwerf in die 1 200m met ‘n tyd van 3:49. Alhoewel hy die SA rekord net net gemis het, het Rico kop en skouers uitgestaan in sy item deur die hele seisoen en dit reg gekry om by elke vorige byeenkoms die bestaande rekord te verbeter.

2017

Laerskool Swartkop se twee top atlete maak hulle reg om eersdaags aan die GIZA-kampioenskappe deel te neem. Die twee atlete het al gesorg vir baie opwinding. Marlé Venter is nog onoorwinbaar in altwee haar items gewigstoot en diskus. Die vinnigelangasem, Rico Coetzer het sover by elke byeenkoms van die seisoen die bestaande rekord verbeter een in die 100 m, maar nog ses ander in die 1 200 m.