SKOOLSLUITING – MAATREËLS DEUR AGBARE PRESIDENT MNR CYRIL RAMAPHOSA

Beste Ouers,

Die skool sluit Dinsdag, 17 Maart vir alle leerders (Gr R-2 om 13:00 en Gr 3-7 om 13:45).

Rapporte word aan die einde van die dag op 17 Maart aan die leerders van Gr R-7 gegee en u hoef dit nie te kom afhaal nie. Die ouerdag van Donderdag vind ook nie meer plaas nie en formele kommunikasie rondom die alternatief sal aan u deurgegee word.
* NB: Die skool se Naskoolsentrum sal ook gesluit wees soos die skool.

Alle formele aktiwiteite en buitemuurs sal ook nie voortgaan nie. Die formele toere sal ook nie plaasvind nie en die betrokke ouers sal kommunikasie ontvang. Volgens die nuutste inligting sal die skool weer op 14 April open en sal ons u op hoogte hou van enige verwikkelinge.

Ons stuur binnekort 'n formele brief uit in die verband.

Groete,

Mnr Munnik van der Merwe