Sosiale Gebeure

Ons leerlinge kan deel neem aan die volgende prettige sosiale gebeure!

Ons Hond

Laerskool Swartkop se hond se naam is Google. Sy pas ons skool en kinders op en elke Woensdag kuier sy saam met ons op die stoepe. Sy gaan stap ook deur die klasse en groet die Swarrie maats. In die winter, lê sy lekker in die sonnetjie en bak op die graad 4 stoep. Ons skool is baie lief vir diere en die natuur.
Dit is ook dié liefde vir diere wat dien as die inspirasie vir ons jaarlikse hondeskou! Swarries en hul brakkies van alle ouderdomme neem graag aan hierdie heerlike middag deel. Met verskillende afdelings en vele pryse om te wen, is hierdie sowaar ‘n hoogtepunt op die Swarrie kalender!

Hondeskou

Kaskardag

Kaskardag is jaarliks ‘n dag vol pret! Ons het temas/kleure vir kleredrag, geesvang, en ook ‘n onderwyser resies!

Waatlemoenfees

Die Waatlemoenfees is soet, taai en hope pret! Dit sluit in ‘n pitspoeg kompetisie, vinnigste eet (sonder hande) kompetisie, en jy mag ook taai raak en jou maats daarmee smeer!