Oor Swarries
Laerskool Swartkop
Dit is vir ons as skool aangenaam om jou as voornemende Swarrie te verwelkom. Ons as Swarries kom uit ‘n Rotsvas verlede en bly Koersvas die toekoms in. ‘n Swarrie se Visie is om ‘n gelukkige en trotse skoolgemeenskap te wees. Ons streef daarna om in harmonie elke kind se volle potensiaal te ontwikkel sodat hulle die toekoms rotsvas en koersvas kan betree.
Gryp elke geleentheid aan wat die skool jou bied, hetsy dit op akademie, leierskap, sport- of kultuurgebied is. Ons nooi jou uit om deel te word van die dinamiese skool met entoesiastiese onderwysers, ouers en kinders. Saam kan ons ‘n ware wenspan wees.
Baie welkom.
Ondersteuningsbaan
Laerskool Swartkop het ‘n behoefte raakgesien vir kinders wat akademiese uitdagings ervaar. Vir party leerders is die pas net te vinnig en die werk net te veel, daarom sal Laerskool Swartkop vanaf 2023 ‘n aanvullende akademiese ondersteuningsbaan bied vir Gr.2 tot 6 leerders wat daai ekstra individuele aandag nodig het.
Daar is geen rede hoekom jou kind hoef te sukkel nie! Doen vandag nog aansoek en maak die las ligter.
Inskrywings en inligting
Jonathan Doe — Headmaster
Swarries in 'n oogopslag
Missie
Om ‘n gelukkige en trotse skool-gemeenskap te wees
Ons streef daarna om elke kind tot sy volle potensiaal to ontwikkel om met nederigheid in ‘n oorwinning te omskep