Opedag

Ons nooi graag alle Graad RR tot 1 ouers en kleuters van 2024 na ons Opedag met ‘n opwindende boeremarkstyl waar ons by elke stalletjie spog met alles wat ons trotse skool bied, saam met die Tjominis!

Hierdie dag beloof om ‘n heerlike geleentheid vir die hele gesin te wees, propvol aktiwiteite en vermaak.

Datum: 1 September 2023

Tyd: 15h00 tot 18h00

Plek: Laerskool Swartkop B-Rugbyveld in Tymanstraat

Tjominis se optrede: 16h30 by die Graad R sentrum

RSVP voor of op Vrydag, 25 Augustus by Mathilda Bäcker bemarker@laerskoolswartkop.co.za

Die boeremarkstyl opedag sal verskeie uitstallings insluit van al die verskillende akademiese-, sport-, kultuur- en buitemuurse-aktiwiteite wat ons by Laerskool Swartkop bied.

Die Swarrie leiers en komitee leerlinge sal u verwelkom by die parkeerarea en u wys waar die boeremark aktiwiteite plaasvind. U kind sal ook die geleentheid hê om sy/haar Boeremark-Rande (wat gratis verkrygbaar is met rsvp) te spandeer by die verskeie Swarrie stalletjies.

Laastens sal u vergesel word na ons pragtige Graad R sentrum vir ‘n kuier saam met die personeel. Hier kan u ook lekker dans en sing saam met Sorina en die Tjominis vanaf 16h30.

Tjommas kyk na hierdie video en raak opgewonde saam met ons Swarries vir die Oesdag: https://youtu.be/v8dSsby5pk8

Ons het spesiaal die Tjominis genooi om op te tree, en beide die kleintjies en ouers sal beslis daarvan hou om saam met hulle te dans en te sing. Hierdie vertoning is gratis vir u as kuiergas en u wil dit nie mis nie!

Kom kuier saam met ons en ontdek die verskeidenheid van wat ons skool te bied het in ware ‘plaasvibe’-gees!

Dit is ‘n geleentheid om ons skoolgemeenskap beter te leer ken en te sien hoe ons leerders uitblink in hulle verskeie waardes en dissiplines.

Ons sien daarna uit om u te verwelkom en ‘n onvergeetlike dag van pret en vermaak saam met u en u gesin te geniet!

Scroll to Top