Ons Swarries hou jaarliks ‘n kultuurweek wat tydens die tweede of derde kwartaal plaasvind. Alle leerders van Graad R tot Graad 7 kan inskryf. Volledige inligting in die Kultuurweek brief en handleiding.
Ons sien jaarliks daarna uit om ons Swarries se talente te ontdek!
Wanneer: 10-22 September 2020
Waar: Laerskool Swartkop
Tyd: Vanaf 14:00 – tydgleuf sal aan elke deelnemer gegee word, na inskrywing ontvang is. Slegs deelnemer en beoordelaars word in die lokaal toegelaat.
Koste: R30 per item (moet saam met jou inskrywingsvorm ingehandig word).